NUWE PROJEKTE

Ons stel u graag voor aan ons nuwe projek:
Uitspan @ de Land.

  • Engel & Völkers Potchefstroom het ‘n alleenmandaat om ons huise te bemark
  • 27 deeltitel eenhede op 12,000 m2
  • Slegs ongeveer 38% van die oppervlak word bebou
  • Die strewe is ’n “oop” gevoel met groot tuin areas
  • Wooneenhede met vloeroppervlaktes van 122m2 – 203 m2
  • Die ontwerp van elke eenheid is beplan om optimale uitsigte en privaatheid te bied

video

Wat temperatuur beheer betref:

Alle huise word gebou met ‘n oriëntasie van 5º oos van noord. Dit verseker optimum son deur die noorde vensters vir die winter, en geen son vir die somer nie.  Minimale weste vensters. Lae emissie glas word daar gebruik.

Wat plafon isolasie aanbetref:

Onder die Chromadek plate word Alu Bubble installeer, met 70mm Isotherm op 8mm Rhinoboard pleister plafonne. Totale R waarde ongeveer 4.  “Inverter” Lugreëling kan op versoek installeer word.  Hittepomp geysers standaard.

Elke huidige en toekomstige koper moet 6% op die verkoopprys van ‘n wooneenheid betaal aan die 55+ Huiseienaarsvereniging. Hierdie gelde word aanvanklik aangewend om die Sorgsentrum se oprigting te betaal aangesien die 55+ Huiseienaarsvereniging effektiewelik eienaar van die Sorgsentrum word.  Na betaling van die oprigtingskoste / koopprys van die Sorgsentrum aan die ALS Groep, sal hierdie affiliasiefooie steeds gehef word met elke verkoop van enige eenheid in die 55+ dorpie en aangewend word om die bedryfskoste van die totale 55+ dorpie te subsidieer. Hierdie fonds sal deur die huiseienaarsvereniging van die 55+ dorpie (nie winsgewende organisasie) beheer word.

Die voordeel hiervan is tot direkte voordeel van inwoners wat sal lei tot subsidiëring van heffings en om te verseker dat die sorgsentrum behoorlik onderhou en bedryf word ten einde te verhoed dat heffings in die toekoms onbetaalbaar word maar eerder dieselfde bly of minimaal verhoog.  Heffings sal deur kopers betaal word aan die regspersoon en die regspersoon sal op sy beurt, soos die ander eienaars in die 55+ dorpie, heffings aan die 55+ Huiseienaarsvereniging betaal wie op sy beurt ‘n heffing namens al sy lede aan die oorkoepelende Huiseienaarsvereniging van Uitspan @ de Land Estate betaal.

Die konsep terreinplan is gefinaliseer. Op hierdie stadium kan ons nog wysigings op vloerplanne, doen vir kopers met spesifieke versoeke. Wanneer die Deeltitel terrein ontwikkelingsplan egter by die Landmeter Generaal geregistreer is, mag ons geen afwykings op die buitemure van wooneenhede doen nie. Ons kan egter binnemure verander om spesifieke vereistes van kopers te akkommodeer.

Wat die terreinplan aanbetref:

Ons moet die huise chronologies bou, ry vir ry, van suid na noord.  Dus word eenheid 1 – 7 eerste gebou en die pryse daarvan is vasgestel.  Ons vertrou om teen Oktober met bouwerk te begin.  Eerste okkupasie DV vanaf Mei 2018.  Ons beplanning is, afhangende van aanvraag, om een eenheid per maand te voltooi. Indien eenhede vinniger verkoop, kan ons die proses bespoedig.

Afhandeling van die totale projek behoort teen September 2020 te wees.  Kopers kan verseker wees van hoogstaande kwaliteit afwerking.  Kopers kan hul eie keuse uitoefen t.o.v. binne afwerking soos die ingeboude kaste se afwerking, werksblaaie, vloerbedekking, sanitêre toebehore en binne verfkleure.  Teen addisionele koste, kan die patios toegemaak word met skuif- of stapeldeure.

TERREINPLAN

Let ook daarop dat alle tuine met besproeiing vir die hele Uitspan terrein ingesluit is in die verkooppryse.

Kontak ons asseblief met enige voorstelle en vrae.

Soli Deo Gloria.

Groete

Louis Bierman

Beskikbare Eenhede

(Klik op tabel)

DE LAND BINNE UITLEG

(Klik op die fotos vir meer)

DE LAND BUITE UITLEG

(Klik op die fotos vir meer)

SORG SENTRUM & RESTAURANT

(Klik op die fotos vir meer)

Dit is Louis Bierman se oortuiging dat ‘n huis nie net ‘n struktuur is nie, maar ‘n plek waar mense kan interaksie hê en lewe. Dit gee hom groot vreugde en vervulling om mense die kans te gee om dié Huis te kry wat hulle altyd wou hê … nie net ‘n huis nie.

Na die sukses van sy eerste ontwikkeling was dit reeds duidelik dat hy toegewyd was aan gehalte en uitnemendheid.