WAT ONS DOEN

Sedert 2002 het Louis Bierman homself oor en oor bewys in die eiendomsmark en sy naam is wel bekend in die Potchefstroom area.  Soos met baie van ons het die lewe ‘n paar draaie gehad om daar te kom…

Nadat hy sy studie in Landbou voltooi het in 1976, het Louis in die landbou sektor begin werk en deeltyds begin boer.  Louis het ‘n passie en dryf gehad vir besigheid en entrepreneurskap.

In 1985 het hy sy eie veevoer onderneming, Alfa Voere, gestig op die plaas Alicedale buite die klein dorpie Greylingstad in die Standerton distrik.  Na 17 jaar van besigheid het die finansiële omstandighede in die landbou so agteruit gegaan en hy moes die moeilike besluit neem om die fabriek te sluit, die boerdery tot niet te maak, en na nuwe uitdagings te soek.

Met kennis van konstruksie het hy die geleentheid raakgesien in die eiendomsmark in die pragtige Potchefstroom.

Van die begin af was dit duidelik dat daar ‘n behoefte was vir “up-market” huise met moderne afwerkings. Dit was die perfekte geleentheid om homself te vestig in die eiendomsmark en om ‘n nuwe uitdaging aan te pak.

Nadat hy ‘n voltydse kontrakteur, Louis Bouwer, aan boord gekry het, en grond met die regte ligging in Van der Hoffpark aangekoop het, het hulle begin met sy eerste 12 huis sekuriteits kompleks in 2002: La Rochelle – vernoem na sy geboorteplaas in die Vrede distrik in die Vrystaat. So het Louis Bierman Eiendomsontwikkelaars tot stand gekom.  Aanvanklik is 3 skou eenhede gebou en dit het nie lank gevat vir kopers om beïndruk te wees met die kwaliteit van die afwerkings en vakmanskap nie. Binne maande was alles uitverkoop!

Die projekte wat LBE gedoen het:
  • La Rochelle – 12  (Vol titel Meenthuise)

  • La Bohème – 10  (Vrystaande huise)

  • Villa Toscana – 9  (“Up-market” Toskaanse huise)

  • Bali Hoff – 14  (Deeltitel meenthuise)

  • Sunnyview – 6  (Meenthuise)

  • Vivaldi Manor – 16  (“Up-market” Cluster  huise)

  • Tuscany Ridge – 7  (Vrystaande huise)

  • Parys Golf & Eko-landgoed – 1  (Vrystaande huise)

  • Encore – 1  (Vol titel cluster huis voltooi)

  • Enkelhuis projekte (‘n hele paar)

Na die sukses van sy eerste ontwikkeling was dit reeds baie duidelik dat hy toegewyd is tot kwaliteit en voortreflikheid.

Louis bring hulde aan die kontrakteurs: 2K Konstruksie, Simbou, Fuller Civils en talle subkontrakteurs met wie ons ‘n pad geloop het.  Danksy julle is alles gedoen!

So ook erkenning aan die argitekte vir hul ontwerpe wat ons gebou het: Francois Laubscher, Isaac de Jesus, Paul Greyvensteyn, Tinus du Plessis, Flip Cloete, Deon Lubbe, Suzette Hamer, ens.

Met die sukses van die ontwikkelings het LBE die toekenning gekry by die NHBRC (National Home Building Registration Council) as Hoogs aanbeveelde Beste Huis Bouer vir die jaar 2005 vir huise van R1.5 mlijoen + in Noordwes.

In 2010 het LBE in ‘n hele nuwe rigting beweeg met sy volgende ontwikkeling Vivaldi Manor. Die 17 huis “Custer” ontwikkeling  het nuwe asem in die “konserwatiewe” mark in Potchefstroom geblaas.

Die kontemporêre styl en funksionele vloer-planne het die ontwikkeling “die adres” in die dorp gemaak. Met elke huis het die reis begin saam met die kliënt van die konsep-fase af tot in met die finale afwerkings.

Om die sukses en prag van die ontwikkeling verder te vier was 3 van die huise in die SA Home Owner tydskrif. Die kwaliteit en aandag aan detail het werklik uitgestaan in die artikels. Een van die huise in Tuscany Ridge is ook geplaas in die SA Home Owner tydskrif.

Dit is Louis Bierman se missie in die lewe om elke bou ervaring ‘n aangename en vreugdevolle reis te maak vir elke kliënt. Hy is toegewyd aan kwaliteit beheer en verseker net die beste produkte en kontrakteurs wat beskikbaar is word gebruik. Hy neem die kliënt deur die hele proses van die konsep fase af tot die oorhandiging van die sleutel van hulle huis.  Elke kliënt geniet sy volle aandag en omgee.

Louis Bierman glo dat ‘n huis nie net ‘n struktuur is nie, maar ‘n plek waar mense leef en kommunikeer. Dit gee hom die grootste plesier en vervulling om mense die kans te gee om die tuiste te kry wat hulle nog altyd wou hê…nie net ‘n huis nie!

Ons doen ons eie ontwikkeling, maar ons doen ook projekbestuur vir kliënte wat reeds hulle eie erwe het. Ons verkies om deel te wees van die beplanning regdeur tot met die oorhandiging van die sleutels.

Ons is huidig in die beplanning fase vir die Uitspan @ de Land projek.

Hou die spasie dop vir meer nuus oor die nuwe projek!

Bo alles – “Soli Deo Gloria”  – Aan God alleen die eer!